... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Paniekerig Word Nie!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 46:2-4 God is vir ons 'n toevlug en 'n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood. Daarom is ons nie bang nie, al gee die aarde pad, al skuif die berge tot in die dieptes van die see, al druis en skuim die waters van die see, al skud die berge deur sy onstuimigheid.

Listen to the radio broadcast of

Moenie Paniekerig Word Nie!


Download audio file

Elke nou en dan, om sport terminologie te gebruik, gooi die lewe vir jou ‘n draaibal wat jou op die krop van jou maag tref. Wanneer daardie bal jou tref, slaan dit jou wind uit. En terwyl jy op die grond lê en nie kan asemhaal nie, word jy paniekerig.

Dit het ‘n paar keer in my jonger jare met my gebeur, toe ek ‘n hokkiedoelwagter was, en ek kan jou sê, dit was nie lekker nie. Ek onthou tot vandag toe nog daardie gevoel van paniek om nie te kan asemhaal nie.

Ek dink wat die ervaring soveel erger gemaak het, is die verrassingselement. Die feit dat ek dit glad nie verwag het nie.

Nou ja, daar is dinge in die lewe wat gebeur wat ons paniekerig maak. Dit het in die verlede gebeur en dit sal ongetwyfeld weer in die toekoms gebeur. En het jy al opgelet; dis te midde van die paniek op daardie oomblik, dat ons geloof in die niet verdwyn? Net wanneer jy dit die nodigste het, verdamp dit.

Ek is onlangs getref deur iets wat Martin Lloyd Jones gesê het: Geloof is ‘n weiering om paniekerig te raak. Kyk wat sê:

Psalm 46: 2-4 God is vir ons ‘n toevlug en ‘n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood. Daarom is ons nie bang nie, al gee die aarde pad, al skuif die berge tot in die dieptes van die see, al druis en skuim die waters van die see, al skud die berge deur sy onstuimigheid. 

‘n Aardbewing is ‘n vreesaanjaende scenario – die grond skud, die berge val in die see, die waters dreun en skuim. Maar kyk net hier, die psalmis weier onwrikbaar, selfs koppig, om paniekerig te raak. Hoekom? Want … God is sy toevlug en sterkte; ‘n baie betroubare helper in sy tyd van nood.

Wees vasbeslote. Moenie paniekerig raak nie. Vertrou Hom.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.