... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Skaam Wees Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 1:16 Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood

Listen to the radio broadcast of

Moenie Skaam Wees Nie


Download audio file

Hoogmoed is nie ‘n goeie ding nie. Wanneer ons vol van onsself en ons eie belangrikheid is, is dit lelik, nè? En God staan die hoogmoediges altyd teë. Maar weet jy, soms kan trots ook ‘n positiewe ding wees.

Soos die meeste ouers, is ek trots op hoe my (nou reeds volwasse) kinders sukses behaal het. Hulle is almal goeie mense en verskaf my groot vreugde. Is dit dan verkeerd? Nie regtig nie. Trots is slegs ‘n probleem wanneer dit misplaas is, wanneer dit op onsself gefokus is, eerder as op ander.

En by ‘ander,’ sluit ek God in. Want weet jy, ek beleef dat ‘n spul mense wat hulself Christene noem, nie trots is daarop om Christus as hulle Here te erken nie, maar in die aangesig van toenemende teenkanting, is hulle dikwels skaam daaroor. Hulle is selfs skaam om openlik te praat van die Verlosser wat Sy lewe vir hulle gegee het. Maar kyk wat sê die apostel Paulus in: 

Romeine 1:16 Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is ‘n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood

As ons bely dat ons in Jesus glo, laat ons dan nie skaam wees om te erken dat ons Hom volg nie. Sommige mense sal jou beledig wanneer jy openlik van Christus praat, maar ‘n sekere ou, Pat Steele dit stel so: Die tragedie van mense wat vir ewig hel toe gaan, maak my meer bekommerd as die vraag oor of mense van my hou, of nie. Ek is ‘n volgeling van Jesus en ek is nie skaam vir die evangelie nie, want dit is die krag van God tot redding vir elkeen wat glo.

Moenie skaam wees om die Goeie Nuus van Jesus te deel nie. Iemand se lewe hang daarvan af!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy