... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie te Geheg aan Hierdie Lewe Raak Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 3:20,21 Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag. Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees.

Listen to the radio broadcast of

Moenie te Geheg aan Hierdie Lewe Raak Nie


Download audio file

Die lewe op hierdie aarde is ver van perfek. Ons het beslis wonderlike dae en goeie dae, maar daar is ook slegte dae en inderdaad vreeslike dae. Dit lyk asof hulle mekaar in seisoene afwissel. En tog klou ons met alle mag vas aan hierdie lewe hier op aarde.

Baie mense se grootste vrees is om dood te gaan. Ek het al agtergekom dat dit ook van toepassing is op diegene wat in Jesus glo. Of hulle nou weet dat hulle die ewigheid in Sy teenwoordigheid gaan deurbring, of nie. En as jy daaroor nadink, is dit eintlik baie vreemd.

Ek bedoel, as iemand Jesus nie ken nie, en as hulle nie die rotsvaste sekerheid het dat hulle die ewigheid saam met Hom gaan deurbring nie, dan verstaan ek hulle vrees heeltemal. Maar as jy, soos ek, jou vertroue in Jesus geplaas het … dan moet jy jouself afvra, waarvoor is ons eintlik bang?

Ek dink dit is die feit dat hierdie lewe, met al sy lief en leed so bekend is, dat ons letterlik daaraan vasklou vir lewe en dood!

Filippense 3: 20,21 Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag. Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees.

Of, soos Jesus dit stel, ons is in hierdie wêreld, maar nie van hierdie wêreld nie. Ons is vreemdelinge wat ‘n kort tydjie hier deurbring terwyl ons gretig wag op Jesus om ons huis toe te neem om die ewigheid – vir ewig en altyd – in sy glorieryke teenwoordigheid deur te bring.

Nou ja, ek glo dat God nog vir my werk hier op aarde het voordat Hy my huis toe roep, en dit is seker ook hoe jy voel? Maar kom ons sê dit onomwonde: ons hoort nie hier nie. Moet dus nie te geheg raak aan hierdie lewe nie. Daar is baie meer, soveel meer om na uit te sien.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.