... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Tevergeefs Glo Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 15:1,2 Ek herinner julle, broers, aan die evangelie wat ek aan julle verkondig het en wat julle ontvang het en waarin julle ook gevestig staan. Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig het. As julle aan iets anders vashou, het julle tevergeefs tot geloof gekom.

Listen to the radio broadcast of

Moenie Tevergeefs Glo Nie


Download audio file

Ek het die idee dat daar ‘n stadium in elke mens se geloofslewe is, wanneer ons effens van die pad afdwaal. Ons dryf weg en ons verhouding met Jesus verflou. Daar was beslis in my lewe so ‘n stadium.

Jy weet mos hoe dit gaan. Jy kom tot bekering. Jy glo in Jesus. Jy aanvaar die Goeie Nuus. Jy glo dat Hy die prys van jou sonde aan die kruis betaal het, en dat jou sonde heeltemal deur God vergewe is. Halleluja! Dit is ‘n vreugde, dit is ‘n voorreg, maar dan word jy verstrik in die werklikheid van die alledaagse bedrywighede. Die druk neem toe. Jou aandag word so ver afgelei dat jy op ‘n stadium besef dat jy nou so ver afgedwaal het, dat jy nie eers weet of die Goeie Nuus nog vir jou beskikbaar is nie.

Miskien is dit hoekom God vandag ‘n afspraak met jou het: 

1 Korintiërs 15: 1 en 2 Ek herinner julle, broers, aan die evangelie wat ek aan julle verkondig het en wat julle ontvang het en waarin julle ook gevestig staan. Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig het. As julle aan iets anders vashou, het julle tevergeefs tot geloof gekom.

Hier is twee moontlikhede. Die eerste een is dat die Goeie Nuus wat ons vroeër ontvang het, steeds in ons harte voortleef. Dit beteken dat ons steeds daarin gevestig staan, soos Paulus dit hier stel. Ons word daagliks daardeur gered op voorwaarde dat ons die Woord van Waarheid vashou. Dis die Goeie Nuus van Jesus.

Die tweede moontlikheid is dat ons weggedwaal het en dat daar niks goeds van gekom het nie, dat ons geloof van destyds tevergeefs was. Is dit nie ‘n skrikwekkende gedagte nie? ‘n Verskriklike gedagte, nè?

Miskien roep God jou vandag terug, om te onthou, om vas te hou aan die Goeie Nuus wat jou siel kan red. Moenie tevergeefs glo nie.

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.