... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Tob Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 3:5,6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

Listen to the radio broadcast of

Moenie Tob Nie


Download audio file

Met die oorvloed van inligting en inderdaad verkeerde inligting wat ons deesdae bombardeer, was daar nog nooit ‘n tyd waar rasionele denke belangriker was nie. Maar daar is ook ‘n risiko daaraan om te veel met kommergedagtes vervul te wees. 

Ek is ‘n baie rasionele denker. Logika is my vriend. Ons het gister gepraat oor die verkeerde inligting en doelbewuste misleiding – bekend as “fop nuus” – en ons behoefte om feite te evalueer en die waarheid te ontdek.

Al dink ons ons is hoe slim ook al, het ek en jy nie die vermoë om dit alles uit te sorteer nie. Ek het ‘n toepassing op my mobiele toestelle wat nuus van gerespekteerde en betroubare bronne regoor die wêreld versamel. Ek spandeer so vyftien tot twintig minute elke dag daaraan om die “nuus te kry,” maar alles wat in die wêreld aangaan, is net te kompleks vir ‘n mens om in te neem.

En weet jy, dieselfde is waar op ‘n persoonlike vlak. Soms oorweldig die feite ons. Ons wil graag die saak van alle kante deurdink en ‘n oplossing kry, maar ons kan dit nie regkry nie.

Nou ja, wat is die antwoord? Wel, kom ons keer terug na die basiese beginsels.

Spreuke 3:5,6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

Met ander woorde, hou op om dinge te probeer bedink en deurdink. As jy die dag op die punt kom dat jy alles weet, is dit vir jou te laat, en was dit ‘n totale mors van tyd. 

Jou onvermoë om jou pad oop te dink, kan sommer neerdrukkend ook wees.

Vertrou eerder met jou hele hart op die Here. Erken Hom in al jou weë, eer Hom, gehoorsaam Hom, aanbid Hom en Hy sal dinge regstel.

Keer terug na die basiese beginsels wanneer die lewe verwarrend is.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.