... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Verbaas Wees Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 3:7,8 Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het: Julle moet opnuut gebore word nie. Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.”

Die Heilige Gees word gegee aan diegene wat in Jesus glo. Hy gee ons die krag om die mens te word, wat Hy ons bestem het om te wees. Maar wie is Hy? Wie is die Heilige Gees en hoe werk Hy?

Ons sluit dus vandag by Jesus en Nikodemus aan om Jesus se verduideliking te hoor hoekom Hy na hierdie aarde toe gekom het.

God het ons so lief dat Hy vir ons ‘n lewe sonder sonde begeer. Ongelukkig is daar vandag baie mense wat hulleself “Christene” noem, wat nog nooit werklik berou gehad het oor hulle sonde nie. Sogenaamde Christene wat nog nooit weggedraai het van dít, wat hulle wéét verkeerd is, nie. En soos ons gister gesien het, is om ‘wedergebore te word’, die voorvereiste vir ons toetrede tot die Koninkryk van God. En dit behels beide bekering (gebore uit water) en vernuwing (gebore uit die Gees).

Hoe kan jy dus weet of jy werklik wedergebore is? Kom ons lees:

Johannes 3: 7,8 Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het: Julle moet opnuut gebore word nie. Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.”

Die antwoord is eenvoudig. Die bewys van die Gees se werk wys in die verandering in ons lewens. Hy is soos die wind wat waai en veroorsaak dat die blare daarbo in die boom ritsel. Jy kan nie die wind sien nie, maar jy kan die blare sien beweeg en hulle hoor ritsel.

Net so is die bewys van wedergeboorte die verandering in ons lewens deur die teenwoordigheid van die Heilige Gees in ons. Dis nie net ‘n “godsdienstige ervaring” nie, maar ‘n radikale bekering en ‘n getransformeerde lewe vir almal om te sien.

Wat sê jy … is jy wedergebore?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.