... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Vergeet Wie Jy Is Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 1:11-13 Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore.

Listen to the radio broadcast of

Moenie Vergeet Wie Jy Is Nie


Download audio file

Ek weet nie van jou nie, maar een van die dinge wat ek opgemerk het, is dat, as ons nie versigtig is nie, dit maklik is om te vergeet wie ons is. Ja, jy vergeet dat, as jy in Jesus glo, jou identiteit jou toegang tot sy seëninge gee. 

Onlangs het my dogter, in haar vroeë dertigs, wakker geword met ‘n ongelooflike seer rug. Sy kon skaars beweeg. Wat dit baie problematies gemaak het, was die feit dat sy ‘n baba het. Geen pynstiller of enigiets anders het ‘n verskil gemaak nie.

Ek het haar die nommer van my chiropraktisyn gegee. Omdat nuwe pasiënte gereeld weke lank vir ‘n afspraak moet wag, het ek vir haar gesê: “Onthou om hom te vertel wie jy is.” Met ander woorde, dat sy my dogter is.

Sy het binne enkele ure ‘n afspraak gehad. Haar identiteit as my kind het die verskil gemaak. Dit het haar toegang gegee tot ‘n seëning wat sy nie daarsonder sou gehad het nie. En dieselfde geld vir ons identiteit – jou identiteit – in Christus.

Johannes 1: 11-13 Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van ‘n mens of die besluit van ‘n man nie, maar hulle is uit God gebore.

Ek weet dat dit soms moeilik is om jou lewe vir Christus te leef. Ek weet hoe maklik dit is om af te dwaal, om te vergeet wie jy is, en gevolglik dié seëninge, wat met jou identiteit in Christus gepaard gaan, te verbeur.

Weet jy dat as jy in Sy Naam, die naam van Jesus, wat jou kom red het, glo, dan is jy ‘n kind van die lewende God. Jy het ‘n nuwe identiteit wat die deur oopmaak vir ongelooflike seëninge.

Moet nooit, ooit vergeet wie jy is nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.