... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

My Beker Loop Oor

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 23:5,6 U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae. (1953)

Listen to the radio broadcast of

My Beker Loop Oor


Download audio file

Sommige mense is van nature pessimiste. Hulle is analitiese mense wat op die fynste besonderhede let en alles kan sien wat moontlik verkeerd kan gaan. Ander mense is natuurlike optimiste – die dromers, die beplanners. Maar daar is ‘n derde soort mens. . .

Jy het ongetwyfeld al gehoor dat jy óf ‘n glas-half-leeg- óf ‘n glas-half-vol-persoon is. Dit is tog hoe mense beskryf word. Ek is die half-vol-glas soort ou. Selfs wanneer die situasie nie noodwendig ideaal is nie, sien ek die geleenthede en potensiaal raak. Maar om dit te balanseer, sorg ek dat ek myself met ‘n paar half-leë-glas-mense omring om my voete stewig op die aarde geanker te hou.

Nou wie is hierdie derde soort mense wat heeltemal anders is? Ek noem hulle die ‘beker-loop-oor’-mense, soos ons lees in:

Psalm 23:5,6 U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae. (1953)

Dis nog ‘n Psalm van Dawid; die ou wat meer vyande gehad het as wat ek en jy op albei ons hande kan tel. Hy het geleer dat God altyd met hom is; dit maak nie saak hoe haglik sy omstandighede is nie. Kyk net na die beeld wat hy gebruik:

U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders.

Die vyand se leër storm op hom af, maar God het ‘n tafel vir hom gedek – ‘n feesmaal voorberei. Dawid sien nie die beker as halfvol of halfleeg nie. Sy beker loop oor. Hoekom? Omdat hy weet dat God ook in daardie moeilike situasie by hom is.

Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae.  

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.