... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Benul van Tyd

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 90:3-6 U laat die mens sterwe: U sê net: “Word weer stof!” Duisend jaar is vir U soos gister as dit verby is, soos een enkele wagbeurt in die nag. U maak 'n einde aan 'n mens, hy gaan die doodslaap in. Hy is soos gras wat in die môre afgesny word: in die môre is dit nog groen, maar dit word afgesny en teen die aand is dit verlep en dit verdroog.

Het jy al opgelet hoe dit soms voel asof die tyd vlieg? En ander kere dat minute soos ure voel? Hoe kan dit wees dat tyd, wat ‘n absolute konstante is, voel asof dit soms weghardloop en soms stilstaan?

Tyd is tyd! Dit voel net soms langer of korter, afhangend van wat in ons in die lewens aangaan, of afhangend van ons perspektief of ons verwysingsraamwerk. Ons weet ons lewens op hierdie aarde sal nie vir ewig duur nie, maar tog tree ons, veral as ons jonk is,  op asof dit sal.

Maar wanneer jy in jou sestiger- en sewentigerjare kom, begin jy anders dink. Die onvermydelikheid van die einde begin baie vinniger naderkom as wat jy gedink het. Ja-nee, ons het ‘n baie snaakse verhouding met tyd. 

Hier is hoe Moses dit in sy gebed aan God gestel het in:

Psalm 90: 3-6 U laat die mens sterwe: U sê net: “Word weer stof!” Duisend jaar is vir U soos gister as dit verby is, soos een enkele wagbeurt in die nag. U maak ‘n einde aan ‘n mens, hy gaan die doodslaap in. Hy is soos gras wat in die môre afgesny word: in die môre is dit nog groen, maar dit word afgesny en teen die aand is dit verlep en dit verdroog.

Met ander woorde, terwyl ons dit nie so sien nie, is ons lewens op hierdie aarde vlugtig. Vanuit God se perspektief voel ‘n duisend jaar soos ‘n dag. Hoekom kan God so voel?

God het ‘n ewigheidsperspektief  – sonder begin of einde. Hy sien alles wat in ons lewens aangaan uit sy perspektief. En dit is die regte perspektief, omdat my lewe en jou lewe hier op aarde, die jare wat ons lewe; die dinge waaroor ons spyt kry; die dinge waarmee ons sukkel; dit is alles minder as ‘n druppel in die groot oseaan, in vergelyking met die ewigheid wat ons saam met Hom in sy teenwoordigheid gaan deurbring. Dit is goeie nuus. Baie goeie nuus.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.