... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Ewige Tuiste

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 90: 1,2 Here, U was vir ons 'n toevlug van geslag tot geslag. Voordat die berge gebore is, voordat U die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God!

Veiligheid en sekuriteit is basiese menslike behoeftes. Ons almal begeer dit, maar dit is deesdae skaarser as hoendertande. En dit maak ons lewe ongemaklik en onseker.

Het jy al ooit gewonder hoekom daar slotte aan jou deure is? Die antwoord is voor die hand liggend. Dit is om die slegte ouens uit te hou en om ons snags veilig en gerus in ons huise te laat slaap.

Dit is ongelukkig die realiteit dat sommige mense – veral vrouens en kinders – nie meer hulle huise as plekke van veiligheid of sekuriteit beleef nie. Ander mense leef weer in die onrus en vrees wat veroorsaak word deur dinge wat in hul lewens aangaan. Dit is daarom slim om ons perspektief effe te verbreed en om die fokus van ons eie probleme weg te neem en op die groter prentjie te fokus.

Psalm 90: 1,2 Here, U was vir ons ‘n toevlug van geslag tot geslag. Voordat die berge gebore is, voordat U die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God!

Kyk wat sê Moses, die skrywer van hierdie Psalm: Selfs voor die massiewe berge gevorm is, selfs voor die wêreld gemaak is, was God alreeds ons God. God was jou God. God is jou skuilplek, die plek van uiteindelike veiligheid en sekuriteit.

My vriend, laat Hy jou basiese menslike behoeftes bevredig wanneer hulle aangetas word. Gaan rus by Hom. Hy is groter as die berge, groter as die aarde, groter as die heelal. Dit is wie jou God is. En sy hart is oop vir jou. Sy Hart het ‘n plek net vir jou. ‘n Plek vir jou waar jy altyd sekuriteit en veiligheid sal hê.

God is jou God. Hy was dit altyd, Hy sal altyd jou God wees.

Dit is sy Woord. Vars … vir jou … vandag.