... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Geestelike Verstopping

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 4:13,14 Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.

Listen to the radio broadcast of

‘n Geestelike Verstopping


Download audio file

Of ons dit wil erken of nie, maar op ‘n stadium kom ons almal tot die slotsom – dat ons nie goed genoeg is vir God nie. Ek het so gedink en jare lank vir Hom probeer wegkruip, terwyl ek my lewe eers skoonmaak. Wat ‘n dom ding was dit nie!

Ek het onlangs na een van my gunsteling akteurs geluister waar hy vertel hoe hy die ongelooflikste pyn in sy maag ervaar het. Hulle het hom na ‘n dokter gehaas, wat ‘n obstruksie in sy derm gevind het. Sonder ‘n noodoperasie sou hy gesterf het.

Obstruksies in jou liggaam is byna altyd dodelik. In jou lugweë, in jou are of in jou ingewande. As hulle nie onmiddellik behandel word nie, kan hulle jou doodmaak. En geestelike verstoppings of obstruksies doen net dieselfde.

Kyk, ek weet dat “sonde” nie juis ‘n byderwetse woord is nie. Maar dis die woord wat God gebruik. Vir die verstopping wat gebeur as ons ons rug op Hom draai, gebruik ons hierdie klein woordjie van vyf letters. ‘n Blokkasie wat tot ‘n ewige dood lei.

Maar dan gebruik God ‘n ander Woord. Weer net vyf letters. Dit is die woord wat lewe gee. Die Woord wat die verstopping wegneem. Daardie Woord? Jesus.

Ons lees in Johannes 4:13,14  hoe Jesus dit self gestel het:

Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ‘n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.”

Elkeen van ons het een of ander ‘sonde,’ een of ander ‘ding’ wat ons van God skei. En wat doen ons daaraan?  Ons probeer onsself regruk. Hm, maar op die lange duur werk dit nie.

Wat wel werk, is om na Jesus te gaan, die lewende water te kry wat Jesus gee – Sy Gees, Sy Woord – om die verstopping uit te spoel, soos net Hy kan.

Om harder daaraan te werk, is nie die antwoord nie. Jesus, is.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge