... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Geskenk van die Hemel

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 1:78,79 danksy die genadige ontferming van ons God. Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal, om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede.”

Listen to the radio broadcast of

‘n Geskenk van die Hemel


Download audio file

Met al die wel en wee wat ons die afgelope maande deurgemaak het; die ontwrigting en onrus soos nog nooit in menseheugenis beleef is nie, kan die ou, ou verhaal van Jesus vir ons soms minder en minder relevant voel.

Dit is waar. Vir baie van ons is dit nie altyd maklik om die verband tussen die Jesus-verhaal en dit wat in ons lewens gebeur, in te sien nie. Dit lyk asof die realiteit van ons alledaagse lewens oorneem. Ons denke word al hoe meer oorheers deur die druk wat ons ervaar, die onrus wat ons wêreldwyd sien.

Namate die duisternis naby ons lyf kom … begin ons moedeloos word. Jesus? Watter moontlike verband kan daardie verhaal, daardie Persoon, hê, te midde van wat jy vandag deurgaan, hm?

Sagaria, Johannes die Doper se pa, het ‘n voorspelling aangaande Jesus gemaak. Ons lees in:

Lukas 1: 78,79 danksy die genadige ontferming van ons God. Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal, om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede.”

Ja, daar was gedurende die afgelope maande ʼn duisternis oor ons almal. En vir baie was die vrees vir die dood ‘n werklikheid. En is dit nie verskriklik hoe die pandemie onrus oor die hele wêreld veroorsaak het nie? Dit behoort ons glad nie te verbaas nie!

En in hierdie werklikheid, in ons werklikheid, spreek God sy liefdevolle genade oor ons uit, ‘n genade wat diep uit sy groot en magtige hart kom. En in hierdie omstandighede wil God, deur Jesus, ons hoop gee. In die donkerte skyn Jesus soos ‘n lig. Te midde van die onrus, lei Jesus ons na Sy vrede.

In jou duisternis, in jou vrees, in jou onrus, is Jesus die antwoord. Jesus.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.