... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Gevaarlike Stelling

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Openbaring 21:7,8 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees. “Maar dié wat bang en ontrou geword het, die losbandiges, moordenaars en onsedelikes, bedrieërs en afgodsdienaars en al die leuenaars, hulle lot is die poel wat met vuur en swael brand, dit is die tweede dood.”

Listen to the radio broadcast of

‘n Gevaarlike Stelling


Download audio file

Ons begeer almal vryheid. Al is ons nie aldag heeltemal seker wat “vryheid” regtig beteken nie. Tog lyk die idee van vryheid na ‘n aanloklike een.

Vandag is ‘n spesiale dag vir al my vriende in die Verenigde State. 4 Julie. Onafhanklikheidsdag. Die herdenking van die dag toe Amerika die juk van koloniale heerskappy afgeskud het. Wonderlik!

Ja nee, ons is almal lief vir ons vryheid. Maar ek wonder of ons nie deesdae die betekenis van vryheid verdraai het, om dit in iets te verander wat dit nooit veronderstel was om te wees nie.

In ‘n sekere sin gaan vryheid oor selfbeskikking. Dit is waarvoor ‘Onafhanklikheidsdag’ staan. As ons vryheid ‘n stap verder vat, kan ons sê dat morele waarheid baie objektief is, en dat dit eintlik maar gebaseer is op gevoelens – hoe ék voel, hoe jy voel.

Dwarsdeur die wêreld word die tydlose waardes waarop ons verskillende samelewings gebou is, tersyde gestel, en vervang met die idee van ‘doen wat jy wil solank dit goed voel’. Dit lyk asof dit die mantra van hierdie geslag geword het.

Maar dit is ‘n gevaarlike situasie. Waarom? Want eendag … miskien gouer as wat ons dink, kom die tyd van afrekening.

Openbaring 21:7,8 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees. “Maar dié wat bang en ontrou geword het, die losbandiges, moordenaars en onsedelikes, bedrieërs en afgodsdienaars en al die leuenaars, hulle lot is die poel wat met vuur en swael brand, dit is die tweede dood.”

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.