... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Helpende Hand

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 10:24,25 Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.

Listen to the radio broadcast of

‘n Helpende Hand


Download audio file

Wanneer jy sien dat persone in die verkeerde rigting op pad is en op die punt is om ‘n fout te begaan; wat hulle, of diegene rondom hulle gaan seermaak, is dit nie maklik om hulle reg te help nie.

Ons het gister kortliks oor die feit gesels, dat dit uiteindelik net God is, wat iemand se hart kan verander. Ons kan stry totdat ons blou in die gesig is, maar so dikwels verhinder die ander persone se hardkoppigheid en trots hulle om ons goedbedoelde raad te ontvang.

Maar daar is iets anders wat hulle dikwels keer om goeie raad te ontvang. Dit is ‘n blokkasie wat ons self opgestel het. Dink daaroor na. Hoe dikwels het iemand se ongenadige kritiek op iets wat jy doen, jou laat regop sit en kennis neem en positief laat verander? Nee wat, hul strydlustige stemtoon en hul meerderwaardige houding het nie ‘n positiewe impak gehad nie. Maar daar is ‘n alternatief:

Hebreërs 10:24,25 Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.

Aanmoediging om liefde te betoon en goeie werk te doen, is mos baie beter. Hou jy daarvan om bemoedig te word? Ek hou daarvan. Ons hou almal daarvan. Daardie persoon wat in die verkeerde rigting op pad is, daardie “idioot” wie se kop ons op daardie oomblik graag wil afbyt, is ook na die beeld van God gemaak. Hy het gawes en vermoëns wat, as dit in die regte rigting gekanaliseer word, selfs liefde kan betoon en goeie werke kan doen.

Moenie moedeloos word nie. Moet hulle nie vermy nie. Hou aan om hulle aan te moedig.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.