... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Huwelik is dit wat Jy Daarvan Maak

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 3:7 Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.

Dit lyk asof huwelikspaartjies deesdae al hoe meer skei. Daar word sommer baie maklik gepraat van ‘onversoenbaarheid’ – jy hoor hulle sê: Ons het net besef dat ons nie met mekaar versoenbaar is nie. Regtig?

Ek wonder eintlik of twee mense op hierdie planeet ooit heeltemal versoenbaar kan wees. En kyk, voordat ‘n man en ‘n vrou trou, moet hulle praat oor belangrike dinge soos kinders, loopbaan ambisies, waar hulle wil woon, ens.

Dis noodsaaklik! As hulle idees voor die troue reeds te veel oor belangrike kwessies van mekaar verskil, moet hulle eenvoudig nie trou nie. Maar as hulle eers getroud is, is dit dít. Of dit moet ten minste dít wees. En tog skei soveel mense nog steeds op gronde van ‘onversoenbare verskille’. Maar weet jy, vir God is die huwelik baie belangrik. Ons lees in:

1 Petrus 3: 7 Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder.

Wat Hy hier vir mans sê, is dat hulle die huwelik maak of breek. As hulle hul vrouens nie goed behandel nie en as hulle hul vrouens nie respekteer nie, sal dit nie goed gaan nie.

Kom ons kyk ‘n slag na jou huwelik. Watter rol het God jou geroep om te speel? Wat kan jy prysgee om jou huwelik te verryk (of dit selfs te red)?

En net ingeval jy dit nie mooi verstaan nie: mans, as jy nie jou deel teenoor jou vrou nakom nie, sal God ophou om jou gebede te verhoor. Dit is hoe ernstig Hy daaroor voel. Om dit eenvoudig te stel: jou huwelik is wat jy daarvan maak.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.