... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Kragtige Getuie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 1:17 Leer eers om goed te doen. Sorg dat mense regverdig behandel word. Help mense wat verdruk word. Verdedig die weeskind. Pleit vir die regte van die weduwee. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

‘n Kragtige Getuie


Download audio file

Wanneer politici onseker is oor watter rigting hulle op ‘n sekere beleid moet inslaan, val hulle dikwels terug op daardie ou beginsel van ‘sorg vir jouself eerste wanneer jy twyfel.’ Dit gebeur nie altyd nie, maar heeltemal te dikwels.

Hoekom kies ‘n mens so maklik jou eie belang? Omdat die meeste van ons intens selfsugtig is. Wanneer ‘n nuwe regeringsbeleid aangekondig word, is die eerste vraag wat ons vra: “Watter voordeel hou dit vir my in? Hoe gaan dit my vryhede, my besteebare inkomste en my lewe beïnvloed?”

Om eiebelang te ondersteun, kan verkiesings wen, maar dit lei dikwels tot slegte beleid. En dieselfde is waar in ons lewens. Ja, dis seker menslik om te stry vir dít wat vir ons voordeel inhou. Ek en jy moet tog verseker dat daar genoeg kos op ons tafel is, ‘n dak oor ons koppe, dat ons gesin veilig is, dat ons kinders op die regte pad is, ensovoorts. Dis glad nie onredelik nie … totdat daardie behoeftes verander in begeertes.

Al daardie dinge wat ons wil hê, verdring vinnig die desperate behoeftes van sommige mense rondom ons, nie waar nie? Dis tyd om ‘n hand in eie boesem te steek:

Jesaja 1:17 Leer eers om goed te doen. Sorg dat mense regverdig behandel word. Help mense wat verdruk word. Verdedig die weeskind. Pleit vir die regte van die weduwee. (NLV)

Daar is mense binne ons invloedsfeer, binne joune en myne, wat ons hulp broodnodig het. Soms is dit so eenvoudig soos om net ‘n bietjie goed te doen en hierdie mense regverdig te behandel, selfs al moet ons soms onsself tekort doen. Ander kere vra dit dat ons ‘n standpunt moet inneem.

Moenie dat jou eie eiebelang ander mense benadeel nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.