... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Louwarm Lewe

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Openbaring 3:15,16 Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm was! Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg.

Listen to the radio broadcast of

‘n Louwarm Lewe


Download audio file

Ja, ons wil tog so graag net deur die lewe wals  … oukei, ek glo in Jesus … maar wat van my volgende verhoging en my volgende vakansie. Wat dink hy van my? Sy lyk slimmer as ek … ja, so wentel ons lewens al te dikwels om onbenullighede.

Het jy al ooit ‘n glas louwarm water gedrink? Dit is absoluut walglik, is dit nie? Jy wil dit net uitspoeg. En dit is hoe Jesus voel, wanneer Hy ‘n louwarm Christen teëkom. Dit is hoe Hy dit stel in:

Openbaring 3:15,16 Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm was! Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg.

En as jy daaraan dink hoe ‘n louwarm glas water smaak, dan verstaan jy baie goed wat Jesus bedoel.

Die duiwel daarenteen? Hm, my gevoel is dat hy absoluut mal is oor louwarm Christene. Jy ken die soort; gemaklike, voorstedelike, kerksitter-Christene wie se lewens nie regtig vir Christus getuig nie. Hulle, wie se lewens nooit in hierdie wêreld enige praktiese en  kragtige verskil vir Jesus maak nie.

Christene wat net lou is.

Ja, ek is redelik seker dat die duiwel mal is oor daardie mense, want hulle hou geen bedreiging vir hom in nie. Hulle sal beslis nooit iemand van Jesus vertel nie. Hulle sal waarskynlik ook nooit opregte liefde en vriendelikheid betoon aan iemand wat dit ook nie verdien nie. Reg geraai;  louwarm maak die duiwel nie bang nie!

Jesus, daarenteen, voel so hartstogtelik oor jou en my, dat Hy namens ons aan daardie kruis gesterf het. En daardie selfde Jesus het ‘n plan vir jou en my lewe. Hy begeer dat ons vaste beginsels moet hê, ‘n verskil in hierdie wêreld moet maak, en mense deur ons liefde vir Hom, na Hom trek.

Moenie ‘n louwarm Christen wees nie.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge