... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Mens Kan nie Altyd Wen Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hooglied 2:15 “Vang vir ons die jakkalse, die klein jakkalsies wat die wingerde verniel, ons wingerde wat al bot.

Listen to the radio broadcast of

‘n Mens Kan nie Altyd Wen Nie


Download audio file

‘n Onvervulde lewe is een van die mees algemene dinge wat jy onder Christene sal vind. ‘n Lewe wat skynbaar tekort skiet aan alles wat God belowe. ‘n Lewe wat jou laat vra: werk hierdie Christenwees-ding regtig?

As God waarlik God is, dan kan Hy nie lieg nie en kan Hy nie teruggaan op sy beloftes nie. Alles wat Hy belowe het – en Hy belowe nogal baie – moet Hy doen.

Soveel mense glo in God se beloftes – vrede, vreugde, ‘n oorvloedige lewe – maar op die een of ander manier lyk dit of die dinge nooit in hul lewens waar word nie. Hoekom is dit?

Dit is nie dat Jesus ons ‘n maklike lewe belowe het nie. Nee, allermins, om Hom te volg, maak die lewe baie moeiliker, omdat ons geroep word om onsself te verloën, om ons kruis op te neem en om teen die stroom op te swem.

Weet jy, daar is hoofsaaklik een ding, wat ‘n mens van al God se beloftes beroof. Dit is die klein kompromieë wat ons maak. ‘n Bietjie verneukery hier, ‘n ligte flirtasie daar. Niemand sal dit agterkom nie. Dis in elk geval net ‘n klein dingetjie. Dit maak nie regtig saak nie. Maak dit?

Die wyse ou koning Salomo het in Hooglied 2:15  gesê: “Vang vir ons die jakkalse, die klein jakkalsies wat die wingerde verniel, ons wingerde wat al bot.

Dit is geskryf in die konteks van die klein dingetjies wat ‘n huwelik kan ondermyn, maar dit geld ook vir die klein dingetjies wat enige verhouding kan bederf, ook ons verhouding met God.

Ons weet almal dat die lewe veronderstel is om ‘n fees te wees, net soos daardie wingerd, wat ryk, oorvloedige vrugte dra. Maar dit gaan nooit gebeur, as jy die klein jakkalsies toelaat om jou wingerd te verniel nie.

Watter klein kompromieë beroof jou van God se beloftes? Is dit regtig die moeite werd om hulle in jou lewe te hê?

Doen jouself ‘n guns. Vang hulle. Skop hulle uit jou wingerd.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge