... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Nuwe Jaar Begin

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 27:1 Moenie roem oor wat jy môre verwag nie; jy weet nie wat die dag sal oplewer nie.

Ek wonder watter soort jaar hierdie jaar vir jou en vir my gaan wees? Wat hou die toekoms in? Sal dit ‘n wonderlike jaar wees of ten minste ‘n goeie jaar? Wat beplan jy? Waarna sien jy uit? ‘n Voorspoedige Nuwe Jaar vir jou! Ek hoop ten minste dat dit ‘n gelukkige jaar gaan wees … maar niks is vas en seker nie. Ek probeer nie ‘n demper op jou Nuwejaars-vieringe plaas nie, maar dit is die waarheid. Net soos jy, het ek ook planne, verwagtinge en drome vir die komende jaar. Om die waarheid te sê is my dagboek al redelik vol met bedienings-reise hier, daar en oral … om nie te praat van ‘n vakansie saam met my vrou, waarna ek regtig uitsien nie. Ek aanvaar dat jy ook ‘n paar dinge beplan vir die jaar wat voorlê. En dit is ‘n goeie ding. Dit is wonderlik om dinge te hê waarna jy uitsien. Maar ek wil weer sê dat niks seker is nie. En dit is nie net ek wat dit vir jou sê nie. Kyk wat staan in: Spreuke 27:1 Moenie roem oor wat jy môre verwag nie; jy weet nie wat die dag sal oplewer nie. Is dit verkeerd om dinge vir die volgende jaar te beplan? Glad nie. Wat egter verkeerd is, is wanneer ons ons lewe leef asof dit definitief gaan gebeur. As ons amper op ‘n manier daaroor spog. My suster is onlangs oorlede. Met die oppak van haar paar ou besittinkies en haar klere, wat ek na ‘n liefdadigheidsorganisasie moes stuur, het die waarheid my weer getref. Daarom wil ek sê … leef elke dag voluit. Gee eer aan God. Wees lief vir diegene rondom jou en dien hulle na die beste van jou vermoë, want … jy weet nie wat die dag sal oplewer nie. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge