... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Siel wat Wroeg

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 9:21,22 Sy het vir haarself gesê: “As ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word.” Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: “Wees gerus, dogter, jou geloof het jou gered.” Van daardie oomblik af was die vrou gesond.

Kan ek jou vra: is jy lus om nog ‘n Kersfees te vier, of nie? Miskien is almal vrolik en besig met hul Kersfees voorbereidings, maar jy … miskien het jy ander dinge in jou kop en die laaste ding waaraan jy nou wil dink, is Kersfees. Het jy al soggens wakker geword nadat jy die hele nag in die bed rondgerol het? Jou siel is in ‘n warboel, die druk van die lewe neem toe, dit lyk asof niks wil uitwerk nie. En al waaroor die mense praat, is Kersfees; die Kersmusiek weergalm deur die winkelsentrums … die versierings is op … maar die laaste ding waarvoor jy lus het, is daardie Kersfeesvrolikheid. Dis hoe jy nou voel. Dit is die lewe. Al die musiek en versierings en geskenke en voorbereidings gaan dit nie verander nie. By Jesus kan jy jouself wees. Hy het nie na hierdie wêreld gekom as ‘n Kerslied, of ‘n blink versiering of ‘n patetiese Kersboodskappie nie. Hy het gekom as ‘n werklike Verlosser, soos hierdie vrou wat al meer as ‘n dekade gely het, self ontdek het. Ons lees in: Matteus 9:21,22 Sy het vir haarself gesê: “As ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word.” Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: “Wees gerus, dogter, jou geloof het jou gered.” Van daardie oomblik af was die vrou gesond. Wat ook al in jou lewe aangaan, wees hierdie Kersfees opreg teenoor Jesus. Al is jy so desperaat soos hierdie vrou . . . As ek maar net aan sy klere kan raak  … dit is al wat nodig was. Ek wil jou vandag aanmoedig om nie deur hierdie uiterlike vertoon van Kersfees verblind of ontsteld te word nie. Maak nie saak hoe jy voel nie, neem jou laste na Jesus; gaan net soos jy is. Dit, my vriend, dit is waarom Hy gekom het. Hy het om jou onthalwe gekom. Dit is waaroor Kersfees gaan. En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge