... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Stewige Fondament

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 3:9,10 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam.

Listen to the radio broadcast of

‘n Stewige Fondament


Download audio file

As jy soos ek is, het jy nou alreeds die jaar wat voorlê begin beplan. Die doelwitte wat jy graag wil bereik, uiteengesit. Die vakansie wat jy dalk wil neem. Die verhoudings waaraan jy aandag moet gee. Daardie soort ding.

Ons kan ons jaar óf oor-beplan óf aan die anderkant, onbeplan laat – afhangende van ons aard en ons persoonlikheidstipe. En nie een van hulle is reg nie. Te veel beplanning is in ‘n mate arrogant, asof ons die onvoorspelbare toekoms kan voorspel. Maar wanneer ons glad nie beplan nie, is ons ‘n bietjie laks, want daar is sekere dinge binne ons mag waarvoor ons wel verantwoordelikheid moet neem.

Ek wil vandag ‘n Skrifgedeelte met jou deel as ‘n fondament. Die versies bevat raad, wat ongeag jou idee oor die beplanning vir hierdie jaar wat voorlê, as rots kan dien vir die lewe soos dit ontvou:

Spreuke 3:5-8 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam.

In hierdie lewe, waar ons nie die toekoms kan voorspel nie, is die beste beleid – die heel beste beleid – om met jou hele hart op die Here te vertrou, en nie op jou eie vermoë om alles self te hanteer nie. En terwyl jy Hom eerste stel, deur Hom te eer deur die wyse waarop jy leef, sal Hy vir jou sorg.

En dit maak nie saak met watter gebeurlikhede jy hierdie jaar gekonfronteer gaan word nie, dien jy net die Here en vermy wat sleg is dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.