... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Teer Hart

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 28:27 Wie vir 'n arm mens iets oor het, sal self niks kortkom nie, maar wie anderpad kyk, sal baie verwensings hoor.

Listen to the radio broadcast of

‘n Teer Hart


Download audio file

Ek wonder wanneer ek woorde soos “armoede”, “honger” en “hongersnood” gebruik, of dit vir jou net ‘n baie vae begrip is? Iets wat jy op armlengte beskou en nog nooit ervaar het nie. Hmm?

‘n Paar jaar gelede het ek tydens ‘n Christelike konferensie in Indië middagete geëet. Ek hou nogal van Indiese kos, maar toe die kerrie, wat vir my gevoel het soos die sewe-en-twintigste warm kerrie in een week, weer op die tafel verskyn, was my liefde vir kerrie totaal iets van die verlede!

Die warm kerrie was nog erger vir my Kanadese kollega, Bob. Daardie warm kos was vir hom pynigend.

Hoe dit ook al sy, ek en Bob (wat nou beide al ‘n bietjie ontevrede voel) sit langs ‘n jong man, Barun, van Bangladesj. Hy was besig om sy kos met soveel smaak te geniet dat ons hom gevra het: “Wat eet jy tuis in Bangladesj?”

Hy het sy vurk neergesit en met ‘n stem wat wil-wil breek, geantwoord: “Ek en my vrou en ons twee kinders eet meestal rys. Maar soms het ons nie genoeg rys nie. Daardie dae eet ons nie.”

Ek sal nooit vergeet wat ek op daardie oomblik gevoel het nie. My hart wou breek met die wete dat hy, sy vrou en sy kinders sommige dae niks geëet het nie.

Tot op daardie oomblik was armoede vir my net ‘n konsep. Maar nou het dit vir my ‘n menslike gestalte aangeneem. Nou was die leë magies van sy kinders vir die eerste keer in my lewe ‘n werklikheid. Ons lees in:

Spreuke 28:27 Wie vir ‘n arm mens iets oor het, sal self niks kortkom nie, maar wie anderpad kyk, sal baie verwensings hoor.

Hierdie God, hierdie magtige God, het ‘n sagte hart vir die armes.

En laat ek jou hier direk konfronteer … tensy ons daardie hart deel, tensy ons iets aan armoedeverligting doen, kan ons nie bely dat ons Sy kinders is nie!

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge