... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wapenstilstandsdag

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs15:20-22 Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. Aangesien die dood deur 'n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur 'n mens gekom. Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word.

Listen to the radio broadcast of

Wapenstilstandsdag


Download audio file

Ons het die afgelope paar dae gefokus op die opstanding van Jesus. Het dit werklik gebeur en indien wel, wat daarvan? As dit werklik gebeur het, wat beteken dit vandag en tot in ewigheid vir my en vir jou? 

Dit is ‘n belangrike vraag. Dit is alles goed en wel om te praat van wat in die verlede met Jesus gebeur het. Ja, ons moet dit verstaan om ons geloof op ‘n vaste grondslag te plaas, maar watter praktiese betekenis hou Jesus se opstanding vir die hede en vir die toekoms vir jou in?

Vandag is Wapenstilstandsdag; 104 jaar sedert die Eerste Wêreldoorlog beëindig is. Biljoene mense het gesterf. Die gewere het stil geraak, maar watter betekenis hou dit in? Miskien nie veel vir ons nie, maar vir die mense wat omgekom het, is die plek waar hulle die ewigheid deurbring, van kardinale belang.

Dis ‘n saak wat ek en jy nie ligtelik kan opneem nie, want eendag sal dit óns liggame wees wat in ‘n kis lê, om veras of begrawe te word. As jy die werklikheid van die dood in die gesig staar: vra jouself af waar jy die ewigheid gaan deurbring.

1 Korintiërs 15:20-22 Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. Aangesien die dood deur ‘n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur ‘n mens gekom. Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word.

Ons sonde het wesenlik oorlog teen God verklaar. Maar deur die Kruis van Christus het Hy egter ‘n wapenstilstand, ‘n vrede verklaar. En deur die leë graf het God vir almal wat in sy Seun, Jesus, glo, ‘n ewige toekoms, ‘n nuwe lewe, ‘n opstandingslewe verkondig. 

Die oomblik wat ons ons geloof in Jesus plaas, kry ons tot in alle ewigheid ‘n nuwe tuiste.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.