... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Uitroep om Hulp

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 116:1,2 Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede. Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het.

Daar is tye in ons lewens wat ons God se hulp baie nodig het. Ek is seker dat jy al, soos ek, vir God gesmeek het vir ‘n oplossing. Maar wat doen jy as dit lyk asof Hy nie wil antwoord nie?

Net so dikwels as wat die lewe vol ongelooflike wonderlike ervarings kan wees, net so maklik kan dit ook wreed wees, nie waar nie? ‘n Ma wat haar sterwende kind in haar arms hou; ‘n jong man deur ‘n dronk bestuurder vermink; iemand wat hulle werk verloor en uit pure desperaatheid hul eie lewe neem. Of, soos in die geval van my oorlede suster, ‘n ontluikende konsertpianis, wat in haar middel twintigs met skisofrenie gediagnoseer is en die res van haar lewe deur die trauma van geestesongesteldheid geteister is.

As ons met sulke tragedies gekonfronteer word, bid ons keer op keer tot God. Soms antwoord Hy, ander kere is daar ‘n oorverdowende stilte.

Psalm 116:1,2 Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede. Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het.

Hierdie woorde voel verkeerd! Dit kan so seermaak om so iets in die Bybel te lees as God jou gebede nie beantwoord het nie. Wat doen jy nou? Hoe reageer jy?

In die geval van my suster, het ek en my ma oor baie dekades vir God gesmeek vir haar genesing. Sy is nooit genees nie, maar ons het die antwoord uiteindelik gekry: Vertrou in elk geval op God. Glo Sy Woord.

‘n Joodse gevangene het op sy selmuur in die konsentrasiekamp van Keulen geskryf:

Ek glo in die son, selfs al skyn dit nie.

Ek glo in liefde, selfs al sien ek dit nie.

En ek glo in God, selfs al is Hy stil.

God luister. God is hier. Vertrou op Hom.

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.