... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Ware Tuiste

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 3:18-20 Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe. Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind. Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.

Glo jy in Jesus? Het jy al jou eiers in een mandjie gesit deur in Hom en Hom alleen te glo vir jou redding? My vriend, dan is jy ‘n burger van die hemel.

Ek wil jou vertel: Ek is mal oor die feit dat ek ‘n Australiër is. Mal daaroor! En ek is mal daaroor dat my jarelange vriend Joseph, ‘n Liberiër is, my maat Gary, ‘n Nieu-Seelander, my liewe vriend Jim, ‘n Amerikaner en my broer Bob, ‘n Kanadees is. Dit is net wonderlik om aan ‘n nasie vir wie jy lief is te behoort.

Maar dit maak nie saak watter land jy as jou tuiste beskou nie, of jy daar gebore is en of jy dit as jou eie aangeneem het nie, geen land is perfek nie, nè? Myne is nie, joune ook nie. En hoe dieper jy delf, hoe deegliker jy kyk, hoe meer sien jy daar is boosheid rondom ons almal. Soos die dae al hoe donkerder word, soos die einde nader kom, lyk dit asof die bose al hoe meer voorspoedig word.

Filippense 3: 18-20 Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe. Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind. Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.

Maar weet jy, te midde van al hierdie boosheid, moet ons nie die waarheid uit die oog verloor nie … die regering wat oor ons regeer, is in die hemel. Ons wag vir ons Verlosser, die Here Jesus Christus, om vandaar af te kom.

Moenie toelaat dat die wêreld se boosheid jou meesleur nie. Jesus kom terug. Hy kom binnekort terug. Jou burgerskap is in die hemel.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.