... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Wonderlike Strategie, Maar…

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 13:23 Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer 'n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.”

Listen to the radio broadcast of

‘n Wonderlike Strategie, Maar…


Download audio file

Westminster Abdy in Londen is die plek waar elke Britse kroning sedert 1066 plaasgevind het. Ongelooflik. Dit bestaan al amper ‘n duisend jaar, maar baie dele van hierdie argitektoniese meesterstuk is natuurlik eers later aangebou.

Sedertdien, is daar oral wonderlike katedrale gebou; die een groter as die volgende. En deesdae bou ons natuurlik eerder mega-kerke met gesofistikeerde bestuurstrukture, grootse planne en slim bemarkingstrategieë.

Daar is niks hiermee verkeerd nie. Daar is ook niks daarmee verkeerd dat jy of ek planne maak om groot dinge vir God te doen nie. Maar soos Winston Churchill eenkeer gesê het, “Hoe mooi die strategie ook al is, mens moet af en toe na die resultate kyk”.

Jy ken seker die gelykenis van die saaier, waar Jesus gewys het hoe ons goeie bedoelings om Hom te volg, kan slaag of misluk. Dieselfde Woord van God kan op harde grond val en nooit wortelskiet nie. Dit kan ook in vlak grond val, ontkiem en dan in die hitte van die dag vergaan. Dit kan ook deur onkruid en dorings – die sorge van hierdie lewe – verswelg word. En dan verduidelik Jesus die gelykenis in:

Matteus 13:23 Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer ‘n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.”

Met ander woorde, wanneer God se Woord in ons harte wortelskiet, is dit veronderstel om vrugte te dra. Ons is veronderstel om ‘n verskil in hierdie wêreld te maak. Dit is wonderlik om groot planne te hê; maar om Jesus te volg, gaan nie daaroor om ‘n wonderlike strategie te hê nie, maar om resultate te lewer – ‘n goeie oes op te lewer.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.




That’s God’s Word. Fresh… for you… today.