... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Neem Standpunt In

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Daniël 1:8,9 Daniël het hom voorgeneem om hom nie met die koning se kos en wyn te verontreinig nie en hy het die hoofpaleisbeampte vergunning gevra om dit nie te gebruik nie. God het die hoofpaleisbeampte gunstig en simpatiek gestem teenoor Daniël.

Listen to the radio broadcast of

Neem Standpunt In


Download audio file

Die meeste mense rebelleer nie met voorbedagte rade teen God nie. Dit gebeur soms, maar weet jy, dit begin meestal met een of twee klein kompromieë wat uiteindelik tot ‘n volslae rebellie lei.

In die Ou-Testamentiese tyd was God se volk volgens wet beveel om hulle van sekere kosse te onthou. Dit was maklik om die wette in hul eie land te onderhou, maar toe hulle omstreeks 586 Voor Christus deur die Babiloniërs gevange geneem en tot slawe gemaak is, het dinge radikaal verander. Een van hulle, die jongman, Daniël, bevind hom in die paleis van koning Nebukadnesar.

Stel jou Daniël se kultuurskok voor. Hy is weggevoer uit sy land, die Babiloniërs het Jerusalem verwoes, die tempel met die grond gelykgemaak en aan die wêreld verklaar dat die God van die Israeliete verslaan is.

Daniel kom as slaaf voor die dilemma te staan of hy die kos wat voor hom geplaas is, moet eet of nie. Eer ek die God, van wie gesê word dat Hy verslaan is, of eet ek die kos? Kom ons kyk wat gebeur in:

Daniël 1: 8 en 9 Daniël het hom voorgeneem om hom nie met die koning se kos en wyn te verontreinig nie en hy het die hoofpaleisbeampte vergunning gevra om dit nie te gebruik nie. God het die hoofpaleisbeampte gunstig en simpatiek gestem teenoor Daniël.

Daniel besluit om ‘n standpunt, wat hom sy lewe kan kos, in te neem. Dit verg geloof en moed, maar God is getrou en hy het die hoofpaleisbeampte oortuig om die toegewing te maak. 

Ons bevind ons vandag nog in dieselfde dilemma. Vloei ek saam met die stroom, of eer ek God en staan ek op vir dít wat ek weet reg is? Al te dikwels neig ons, uit vrees vir die verskriklike gevolge en verwerping, na die wêreldse voorwaardes.

Luister mooi. God eer diegene wat Hom eer. Neem ‘n standpunt in.

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.