... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Negatiewe Gedagtes Vernietig Lewens

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 4:8,9 Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig. En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.

Listen to the radio broadcast of

Negatiewe Gedagtes Vernietig Lewens


Download audio file

Daar is tye in ons lewens, wanneer negatiewe gedagtes ons denkpatrone binnedring; wanneer die oortuiging dat die lewe ellendig is en dat dit nooit beter gaan word nie, ons gesonde verstand oorweldig.

Dit is baie morbied om dit so te stel, maar dit is waar, nè? Daar was tye in my en jou lewe, waar ‘n donker pessimisme soos ‘n kleed oor ons neergedaal het. Hierdie, onbekende bron beskryf dit perfek:

Bitterheid is die oortuiging dat God ‘n fout begaan het. Angs is die oortuiging dat God dit nie gaan regstel nie. Spyt is die oortuiging dat God nie my lewe, as gevolg van iets wat ek gedoen of iets wat met my gebeur het, weer kan herstel nie. ‘n Slagoffer mentaliteit is die oortuiging dat ek nie kan trots wees op dít wat ek bereik, totdat die omstandighede waarin ek is, verander nie.

Miskien voel jy vandag dat een van hierdie negatiewe denkpatrone jou lewe oorheers? Nou ja, wat is die antwoord? Kyk wat skryf die apostel Paulus vanuit sy klam, donker dodesel:

Filippense 4:8,9 Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig. En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.

Jy weet tog, dat ons self bepaal waaraan ons dink; ons beheer dit. Ons kan kies om, selfs in die donkerste dodelike oomblikke, te dink aan wat waar, eerbaar, reg, suiwer, mooi en prysenswaardig is. En dan het ons, ten spyte van ons omstandighede, die mag om daarvolgens op te tree. 

En wanneer ons dit doen, belowe ons God wat vrede gee, dat Hy by ons sal wees.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy