... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Net ‘n Bietjie Trots

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 5:6,7 Julle selfverheffing is nie mooi nie. Weet julle nie dat 'n bietjie suurdeeg die hele deeg deurtrek nie? Verwyder dan die ou suurdeeg, sodat julle nuwe, ongesuurde deeg kan wees, en dit is julle ook werklik. Ons paaslam is immers geslag: dit is Christus.

Listen to the radio broadcast of

Net ‘n Bietjie Trots


Download audio file

Begeer jy soms dat mense ‘n beter opinie van jou moet hê? Daardie begeerte om net ‘n bietjie meer erkenning te kry vir wie jy is en alles wat jy bereik het? En net daar, my vriend, is jy besig om ‘n gevaarlike koers in te slaan.

Ek dink nie daar bestaan iets soos ‘n klein bietjie trots nie. Trots het ‘n snaakse manier om vinnig te vermenigvuldig. Voor jy jouself kan kry, groei daardie begeerte om ‘n klein bietjie erkenning te kry, tot ‘n onversadigbare begeerte na erkenning. Ons begin dink dat ons geregtig is daarop, maar ons word uiteindelik daardeur verteer.

Nee, ek dink nie daar bestaan iets soos ‘n klein bietjie trots nie.

Die eerste-eeuse kerk in Korinte was vol twis; hulle is aangevuur deur trots en hulle reg op erkenning. Daarom het die apostel Paulus vir hulle ‘n streng brief geskryf. Hier is wat hy gesê het oor daardie klein bietjie trots in:

1 Korintiërs 5: 6,7 Julle selfverheffing is nie mooi nie. Weet julle nie dat ‘n bietjie suurdeeg die hele deeg deurtrek nie? Verwyder dan die ou suurdeeg, sodat julle nuwe, ongesuurde deeg kan wees, en dit is julle ook werklik. Ons paaslam is immers geslag: dit is Christus.

Wat ‘n wonderlike prentjie. Dit neem nie baie gis om die deeg te laat rys en om heeltemal opgepof en vol warm lug te word nie. Net ‘n bietjie is genoeg. Nou ja, wat is die antwoord? Gooi die hele bak deeg uit en begin weer met ’n nuwe mengsel. Sonder enige gis. Geen gis nie. Glad geen trots nie.

Daar is geen plek vir ‘n klein bietjie trots in die lewe van iemand wat Jesus wil volg nie. Geen plek nie. Gooi die trots uit. Begin weer.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.