... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Net Nog Een

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 2:4,5 Omdat hulle hom vanweë die skare nie tot by Jesus kon bring nie, het hulle 'n deel van die dak bokant waar Hy was, opgelig, en nadat hulle dit oopgebreek het, het hulle die slaapmat waarop die verlamde gelê het, laat afsak. Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde man: “Kind, jou sondes word vergewe.” (AFR20)

Listen to the radio broadcast of

Net Nog Een


Download audio file

Baie mense het die idee dat ‘n persoonlike een-op-een verhouding met Jesus, totaal onmoontlik is. Hoe kan dit moontlik waar wees? As elkeen van die twee miljard Christene op die planeet ‘n persoonlike verhouding met Hom sou wou hê, hoe sou Hy die kapasiteit daarvoor hê? Hoe sou Hy die tyd daarvoor kon maak?

Het jy al ooit in ‘n stampvol kerk gesit met soveel mense, wat elkeen ‘n deel van God wil hê, en begin wonder: “Is daar vir my ook ‘n gaatjie, of is al hierdie ander mense vir Hom belangriker?”

Ek onthou die eerste keer wat ek ‘n kerk binnegestap het, nadat ek my lewe aan Jesus gegee het. Dit was net ‘n gemeente van ongeveer dertig mense; en tog onthou ek dat ek so geïntimideerd gevoel het.

Hulle het almal die woorde van die liedjies geken en geweet hoe om te bid. Hulle het die ‘kerktaal’ geken, die ‘Christianese’ soos dit in Engels genoem word. Maar ek, ek het absoluut niks geweet nie. Hier was beslis geen plek vir my nie.

Maar ek het geleer dat daar ‘n tyd was toe Jesus omring was deur ‘n groot skare en hoe ‘n paar manne hul verlamde vriend na Jesus wou bring vir genesing.

Markus 2: 4,5 lui: Omdat hulle hom vanweë die skare nie tot by Jesus kon bring nie, het hulle ‘n deel van die dak bokant waar Hy was, opgelig, en nadat hulle dit oopgebreek het, het hulle die slaapmat waarop die verlamde gelê het, laat afsak. Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde man: “Kind, jou sondes word vergewe.” (AFR20)

Om ‘n gat in die dak te breek bo-kant die sensasionele nuwe prediker is ‘n baie ekstreme manier om Sy aandag te trek, of hoe?

Maar kyk hoe Jesus reageer in Markus 2:5: Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde man: “Kind, jou sondes word vergewe.”

Het Jesus hom vererg? Geensins! Hy was verbaas en beïndruk deur hul geloof, en Hy het die man genees.

Jy sien, Jesus het altyd plek vir nog een. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge