... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Nog Sterker Hoop

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 15:13 Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

Listen to the radio broadcast of

Nog Sterker Hoop


Download audio file

Ons leef in onstuimige tye – op ‘n wêreldwye skaal, in ons samelewing en ook op persoonlike vlak. En of ons dit nou wil weet of nie, maar in onstuimige tye is ‘hoop’ bitter skaars.

Toe die apostel Paulus aan die kerk in Rome geskryf het, was daar baie spanning tussen Joodse en nie-Joodse Christene. Wat die spanning vererger het, was dat hulle ook moes lei onder die brutaliteit van Caesar se bewind. Maar kyk watter seënwense spreek hy oor hulle uitin

Romeine 15:1 Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

Paulus bid dat God se hoop hulle met ‘n oorvloed van vreugde en vrede sal vul. Hy praat nie net van gewone hoop nie, maar hoop wat al hoe sterker word, sodat dit deur die Heilige Gees ook na ander sal oorvloei.

Die hoop waarvan Paulus hier praat, is die soort wat direk van God af kom. Dis ‘n geloof watdeur die Heilige Gees met alle vreugde en vrede vervul is. Hy praat nie van die wankelrige en onseker ‘hoop dat dinge gou beter sal gaan nie.’ Dis nie ‘n tipe ‘hoop’ wat ons soms deur positiewe denke uit niks probeer optower nie.

Sou jy nie in hierdie onstuimige tye ook van hierdie soort hoop wil hê nie? Waarom gaan jy nie vandag na God en vra Hom vir hierdie soort hoop nie? Vra Hom om volgens sy Woord en deur die krag van die Heilige Gees jou hoop te gee, om jou met soveel vreugde en vrede te vervul, dat jy dit eenvoudig nie sal kan onderdruk nie. Vra Hom.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.