... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Nuutgemaak deur sy Liefde

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Sefanja 3:17 Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou.

Listen to the radio broadcast of

Nuutgemaak deur sy Liefde


Download audio file

Vir sommige mense is God bloot ‘n konsep . . . ‘n vae, irrelevante begrip. Ander het egter Sy liefde eerstehands ervaar en sodra dít gebeur, kan die lewe nooit weer dieselfde wees nie.

‘n Paar jaar gelede het ek gesels met ‘n man wat ‘n majoor in die Rwandese leër was tydens die volksmoord in 1994 toe een miljoen mense in net 100 dae afgemaai is. Hy het verskriklike dinge gesien, en met die gevolg was hy baie anti-God gesind. “As daar ‘n God was,” het hy eenmaal vir my gesê, “hoe kon Hy toegelaat het dat hierdie verskriklike dinge met my mense gebeur?”

Ek dink jy sou hom as ‘n oortuigde ateïs kon beskryf.

‘n Jaar of twee later stuur hy egter aan my ‘n e-pos wat soos volg begin: Yezu Akuzwe wat in sy taal “Loof Jesus” beteken.

Daardie openingswoorde begin een van die wonderlikste e-posse wat ek nog ooit gelees het. Dit blyk dat sy hart kragtig aangeraak is, toe hy op een of ander manier na die verhaal van Jesus Christus geluister het. Die waarheid van God se liefde het deur al die ongelooflike seer en die littekens van sy bloedige verlede gedring en het hom diep aangeraak.

Dit is die krag van God se liefde. Dit is die krag van dit wat Jesus vir jou en my aan die kruis gedoen het. Dit is ‘n bloedige, wrede boodskap van God wat vir jou en my gely het. Dit is ‘n boodskap van ongelooflike liefde en opoffering.

Dit maak nie saak wat jy deurgemaak het nie, dit maak nie saak hoe seer dit is nie – dieselfde God wil jou vandag innerlik met sy liefde aanraak. Ons lees in:

Sefanja 3:17 Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou:

God het jou meer lief as wat woorde kan beskryf.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge