... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Om die Onbekende te Betree

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 10:35 Julle geloofsvertroue moet julle dus nie prysgee nie: dit hou groot beloning in.

As ons teëspoed ervaar, voel ons dikwels glad nie dapper nie. Om eerlik te wees, ons voel verlam van angs en vrees. Maar dit beteken nie dat die moed ontbreek nie.

Het jy al ooit gevoel dat God jou uitdaag om in die onbekende uit te gaan? Die lewe het net mooi seepglad verloop … maar toe skielik het die water troebel geword. Die son het verdwyn. Dinge was nie meer so duidelik en so voor die hand liggend soos wat jy dit sou wou hê nie.

En dan … dan verander dinge van sleg na nog slegter. Miskien sê mense nare dinge oor jou? Miskien het jy ‘n pos of bevordering misgeloop weens jou geloof in Jesus? Dit gebeur meer dikwels as wat ons dink…

God het ‘n snaakse gewoonte, om te midde van sulke situasies, ons op te roep om die onbekende te betree. Miskien om diegene wat ons vervolg, lief te hê? Miskien om ‘n sprong in die geloof te neem? Miskien is dit iets nuuts, iets riskants, wat jy moet aanpak? Iets wat, met alles wat op die oomblik in jou lewe aangaan, sleg skeef kan loop.

Die skrywer van die Hebreërboek skryf juis in so ‘n situasie aan

diegene wat deur baie moeilike tye is om hulle aan te moedig. Hy sê in:

Hebreërs 10:35 Julle geloofsvertroue moet julle dus nie prysgee nie: dit hou groot beloning in.

Moed is ‘n interessante ding. Dink daaraan. Dit is iets wat jy slegs nodig het, as jy bang is. Jy het beslis al nare goed oorgekom. Jy was al voorheen dapper genoeg om God te eer te midde van teëspoed. En dit wys mos dat jou moed nie ontbreek nie, al voel dit op die oomblik nie so nie.

Moet dus nie die moed verloor wat jy in die verlede bewys het nie.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.