... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Om Genade te Verstaan

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 2:16-19 Hulle het toe na die dorp toe gehardloop en vir Maria en Josef gekry, en die Kindjie wat in die krip lê. Toe het die skaapwagters vir almal gaan vertel wat gebeur het, en wat die engel vir hulle oor die Kindjie gesê het. Almal wat die skaapwagters se verhaal gehoor het, was verbaas, maar Maria het stilweg hierdie dinge in haar hart bewaar en dikwels daaroor nagedink

Listen to the radio broadcast of

Om Genade te Verstaan


Download audio file

Dit is een ding om ‘n skouspelagtige “gee jou hart vir Jesus “-oomblik te hê. En dis wonderlik as dit met jou gebeur het, soos dit baie jare gelede met my gebeur het. Maar dit is heeltemal ‘n ander ding om uit te vind wat dit presies beteken.

Die afgelope paar dae was ons saam met die herders in die veld waar hulle hul kudde opgepas het. Kan jy jou vir ‘n oomblik in hulle posisie plaas toe hulle ‘n skouspelagtige ligvertoning beleef het, en ‘n leërskare engele, hoor sing het: hosanna in die hoogste? En wat het hulle gedoen? 

Hulle het gehardloop … gehardloop … om Jesus te vind waar Hy daar in daardie vuil krip lê, presies soos die engel vir hulle vertel het. Maria en Josef was seker uit die veld geslaan toe die vreemde herders uitasem by die stal ingebars het. Kom ons kyk wat staan in:

Lukas 2:16-19 Hulle het toe na die dorp toe gehardloop en vir Maria en Josef gekry, en die Kindjie wat in die krip lê. Toe het die skaapwagters vir almal gaan vertel wat gebeur het, en wat die engel vir hulle oor die Kindjie gesê het. Almal wat die skaapwagters se verhaal gehoor het, was verbaas, maar Maria het stilweg hierdie dinge in haar hart bewaar en dikwels daaroor nagedink. (NLV)

Kan jy jou die toneel voorstel. Maria het pas geboorte gegee. . . En hier kom die herders met hierdie ongelooflike nuus van ‘n engel wat aan hulle verskyn het en vertel dat die Verlosser gebore is. Ja, Maria het van die begin af geweet dat hierdie babatjie spesiaal is, maar hierdie openbaring het haar diep geraak. 

Maria het stilweg hierdie dinge in haar hart bewaar en dikwels daaroor nagedink.

Om die genade wat God vir jou in Jesus Christus aanbied, te verstaan, gebeur nie oornag nie. Dit sal meer as ‘n leeftyd neem om die omvang van God se genade vir jou te begryp. Moenie ophou om hierdie gebeure te oordink nie. Moenie ophou om dit te probeer verstaan nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.