... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Om Mure te Verf

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 4:12 Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.

Listen to the radio broadcast of

Om Mure te Verf


Download audio file

Hulle sê dat ‘n kitssukses gemiddeld ongeveer twintig jaar neem. Dit is waar. Daar bestaan nie iets soos ‘n vinnig-ryk-word-skema nie. En karaktervorming, neem jare se noukeurige werk deur die Een wat ons in die eerste plek gemaak het, om die finale produk te vorm.

‘n Paar jaar gelede het ek en my vrou ‘n pragtige ou huis gekoop wat in ongeveer 1890 gebou is. Dit was jare lank ‘n losieshuis. Jy kan jou seker die toestand van die mure, pleister en houtwerk voorstel.

Ons het ‘n paar verwers en skrynwerkers gehuur om die plek te restoureer. Wat my egter verbaas het, was hoe lank dit geneem het om die oppervlaktes voor te berei, voordat hulle kon begin verf. Slegs die afskraap van ontelbare lae ou verf en die opvul en skuur – het ‘n paar weke geduur. Maar weet jy, die verwery self, het eintlik baie vinnig gegaan. Alhoewel die verf die eindproduk was, was dit die onsigbare voorbereiding wat die projek suksesvol gemaak het.

En dit is ook in ons lewens dieselfde. Ons leef in ‘n wêreld wat fokus op die blink buitekant; die suksesvolle prentjie wat mense kan sien.

Maar God werk onder die oppervlak en sien ons harte. En net soos daardie verwers, weet Hy dat Hy die dinge wat onder die uiterlike lê, moet hanteer om die finale produk te vorm. Ons lees in:

Hebreërs 4:12 Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.

Laat ons eerlik wees, ons wil graag kitssukses hê. Maar God skaaf deur Sy Woord – wat lewend en kragtig is – die diep krake binne-in weg. Daarom het sy Woord soveel krag om die gedagtes en bedoelings van ons harte te beoordeel.

Luister ons? Dis die groot vraag.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge