... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Om Sterk Te Word

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 31:24 Wees dus sterk en hou goeie moed, julle almal wat julle vertroue in die Here stel.

Listen to the radio broadcast of

Om Sterk Te Word


Download audio file

In die Bybel word daar telkens vir ons gesê dat ons ‘sterk moet wees’. Hm, ja. . . . Dit is maklik vir God om dit te sê, maar het Hy regtig ‘n idee hoe ons hier op aarde sukkel? Weet Hy hoe ons voel? En dan sê Hy: Wees dus sterk. Dis nie so maklik nie. . . 

Net buite my studeerkamervenster is daar ‘n massiewe bloekomboom. Dit is regtig groot, waarskynlik meer as dertig meter hoog. Dit het ‘n enkele, sterk stam en tientalle massiewe sytakke. Dis ongelooflik, maar hierdie majestueuse boom, swaai gedurende stormwinde van links na regs… Hoe dit nie omval nie, sal ek nooit verstaan nie.

En tog het hierdie massiewe, majestueuse, kragtige boom sy lewe as ‘n klein boompie, waarop ek of jy kon trap en dit doodmaak, begin. Maar na baie dekades word dit nie net hoog nie, maar ook sterk.

Met ander woorde, dit neem tyd om krag te ontwikkel. Ek wonder of dit nie is wat God bedoel as Hy in Psalm 31:24  sê: Wees dus sterk en hou goeie moed, julle almal wat julle vertroue in die Here stel. 

Ons het gister gesien dat hierdie woord ‘vertrou’ in die oorspronklike Hebreeuse taal waarin dit geskryf is, beteken om met ‘n gevoel van afwagting, hoop en vertroue op die Here, te wag. 

Om te wag is nie maklik nie. Soms moet ons ‘n dag of ‘n week wag. Ander kere laat die Here ons maande of selfs jare wag sodat ons kan leer. En terwyl ons afwagtend wag, word ons sterk. Ons sien dit nie altyd terwyl dit gebeur nie, maar dit is presies wat gebeur.

Mense draai eendag om en kyk na jou en wat hulle sien is ‘n dapper man of ‘n vrou vol moed.

Moenie moed verloor nie, wag op die Here en skep nuwe moed. Hy maak jou sterk.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.