... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Om Teleurstelling te Oorwin

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 5:7 Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Om Teleurstelling te Oorwin


Download audio file

Ongelukkig sal almal wat jy ken, jou een of ander tyd teleurstel. Dit maak nie saak hoe lief hulle vir jou is nie. En daardie emosie van teleurstelling kan uiteindelik nie net jou dag bederf nie, maar as jy dit toelaat, jou hele lewe.

Sjoe, dis darem ‘n neerdrukkende gedagte – om te dink dat almal wat ek ken, my een of ander tyd sal teleurstel. Maar weet jy, teleurstelling sê meer van jóú as van die ander persoon.

Ons het vooraf bepaalde, dikwels onuitgesproke, verwagtinge van iemand. Maar wanneer hulle nie aan ons verwagtinge voldoen nie… reageer ons met óf ‘n kalm óf ‘n baie opstandige gevoel van teleurstelling. Maar dan… dan doen hulle dieselfde ding oor en oor. En op hierdie stadium begin dit vreet aan jou. Dit begin eers net knaag aan jou; en dan voel jy teleurgesteld en bekommerd, en uiteindelik word dit so erg, dat dit jou lewe begin verwoes.

Ek sê nie dat ons mense nie verantwoordelik moet hou vir hul dade nie. Natuurlik moet ons. Maar besef jy hoe daardie emosionele reaksie van teleurstelling uiteindelik jou lewe kan verwoes en jou kan beroof van die vrede en die vreugde wat God vir jou beskik het?

Nou ja, hoe ontsnap jy uit die maalkolk? Hoe vind jy genesing vir jou siel? Hoe plaas jy dinge weer in perspektief?

1 Petrus 5:7 sê: Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om (NLV) 

Soms is dit die kortste verse wat die kragtigste is. 

Teleurstelling het die gewoonte om ons emosies te verinneweer en om ons perspektief skeef te trek. Maar wanneer ons dit alles aan God oorgee; wanneer ons ons harte voor Hom uitstort, bedaar ons emosies en ons perspektief word herstel, omdat God vir ons omgee.

Moenie toelaat dat teleurstelling jou lewe vernietig nie. God is die een Persoon wat jou nooit sal teleurstel nie, want Hy gee om vir jou.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.