... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Omdat Jy Geglo Het

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 2:8,9 Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.

As dit kom by die ewigheid wat ons saam met God gaan deurbring, is God se genade en barmhartigheid, waarvan ons nou al ‘n paar dae praat, nie genoeg nie? Kom nou Berni, jy’s nie ernstig nie? Dit ís mos genoeg!! Wel, nee, dit is nie. Daar is nog ‘n aspek wat baie belangrik is.

Kom ons wees prakties. Die feit dat ek verlief was op Jacqui, wat nou my vrou is, het haar nie outomaties my vrou gemaak nie. Ek moes haar vra om te trou en die ander deel van die groot liefdes-transaksie was dat sy ‘ja’ moes sê. Ons huweliksverbond is geldig omdat ons albei ‘ja’ gesê het en ons daagliks vir mekaar steeds ‘ja’ sê.

Die feit dat die genade en barmhartigheid van God vir almal van ons aangebied word; vir elke man, vrou en kind op hierdie planeet, is nie genoeg nie. Baie mense is nog steeds op pad na ‘n ewigheid sonder Christus.

In Efesiërs 2: 8,9 staan: Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.

Waarom is ons uit genade gered? Omdat ons geglo het. Nee, ons het onsself nie gered nie; net so min as wat my vrou haarself kon vra om te trou. Maar slegs as ons deur geloof reageer op God se aanbod van sy genade en barmhartigheid in Christus, en ‘ja’ sê, dan word ons gered.

Hy het klaar die moeilike deel van hierdie transaksie nagekom. Hy het dit gedoen deur die dood en opstanding van Jesus. Ons deel is net om ‘ja’ te sê. Ons moet in geloof na Hom toe kom en met ons hele hart glo. Ons moet ons lewe in Jesus se hande plaas, sodat ons uit genade gered kan word, deur alles wat Hy vir ons gedoen het.

Het jy al ‘ja’ gesê? Glo jy regtig?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.