... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ongewone Wysheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 3:17 Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg.

Listen to the radio broadcast of

Ongewone Wysheid


Download audio file

Kan jy dink aan ‘n situasie toe jy betrokke was by ‘n spul mense wat openlik in konflik gewikkel was? Mense met uiteenlopende standpunte wat skynbaar nie ooreenstemming kon bereik nie. Watter rol het jy in daardie fiasko gespeel?

Dit verg baie wysheid om konflik te hanteer. Party mense hardloop weg en vermy die konflik, maar dít laat situasies onopgelos en dit laat wonde wat nie genees nie. Ander mense rol hul moue op en duik kop-eerste in. Soms wen hulle, soms verloor hulle, maar oor die algemeen laat dit verhoudings én hul reputasie aan flarde.

Nee, om konflik te hanteer, vereis ongewone wysheid. Ons lees in:

Jakobus 3:17 Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg.

Dit is nogal ‘n stewige lysie, nè. Die wysheid wat God ons wil gee, behels suiwer motiewe en ‘n prysenswaardige geaardheid. Dink net hoe anders jy konflik met hierdie soort wysheid sou hanteer. Stel jou voor hoe jy konflik sou benader met ‘n opregte begeerte om diegene in die moeilikheid met ‘n gesindheid van regverdigheid en eerlikheid te help.

Dink nou weer terug aan daardie situasie waar jy met openlike konflik gekonfronteer was en besluit hoeveel anders dit sou uitgewerk het, indien jy goddelike wysheid gehad het! Ja, ek weet dit is nie maklik as jy op die slagveld is nie. Maar weet jy watter wonderlike ervaring dit is wanneer jy ‘n godvresende persoon met sulke ongewone wysheid raakloop!

Ongelukkig is sulke mense baie skaars. Wees dus een van hulle. Toon te midde van konflik aan die wêreld die ongewone wysheid van God. 

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.