... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ontduiking van Teregwysing

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 19:8,9 Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is. Die bevele van die Here dui die regte koers aan: dit bring blydskap. Die gebod van die Here is helder: dit gee insig.

Listen to the radio broadcast of

Ontduiking van Teregwysing


Download audio file

Die meeste van ons hou nie daarvan om reggehelp te word en vertel te word wat ons moet doen nie. En tog is dit daardie teregwysing en onderrig wat ons uiteindelik help om voluit te lewe.

Dink aan al die foute wat jy in jou lewe gemaak het. Daar is nogal baie, nè? En hulle gevolge is geneig om jou nog steeds deur al die jare, te agtervolg. Jy’s nie alleen nie, ek vereenselwig my beslis ook daarmee.

Dink net wat sou gebeur het as ons nie in die eerste plek daardie foute gemaak het nie? Wat sou dit kon verhoed? As ons maar net na ons ouers, na ons leiers, na ons mentors en na God geluister het? Dink net hoe die wyse raad ons sou kon help om die dom dinge wat ons gedoen het, te vermy.

Natuurlik kan ons nie die verlede verander nie. Gedane sake het geen keer nie. Maar weet jy, ons kan van hierdie oomblik af ons houding teenoor teregwysing en onderrig verander.

Psalm 19:8,9 Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is. Die bevele van die Here dui die regte koers aan: dit bring blydskap. Die gebod van die Here is helder: dit gee insig.

Wanneer ek elke dag my Bybel lees, vra ek gedurig vir God: ‘Here, wys my asseblief die dinge wat ek verkeerd verstaan. Watter blinde kolle verwoes my lewe? Hoe moet ek groei om die mens te wees wat U my geskape het om te wees?’

Ek het nie ’n leerbare gees gehad nie en party dae sukkel ek steeds daarmee. Maar weet jy, ek het ontdek dat Hy vertrou kan word? Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is. Die bevele van die Here dui die regte koers aan: dit bring blydskap. 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy