... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Onthou Dit

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 9:6,7 Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.

Listen to the radio broadcast of

Onthou Dit


Download audio file

Laat ‘n geskenk wat jy uit liefde gee, jou hartseer voel? Voel jy asof jy iets verloor het? Nee, nooit nie! Dit is nie hoe dit werk nie, is dit? ‘n Geskenk wat uit liefde gegee word, bring tog vreugde, beide vir die een wat ontvang, en vir die een wat gee?

Met ons kleindogter se geboorte, het ek en my vrou, Jacqui, vir haar ‘n bankrekening geopen en elke maand ‘n klein bedraggie daarin begin wegsit, want jy weet mos wat die spreekwoord sê: klein begin groot gewin.

Elke maand wanneer daardie geld van ons rekening na hare oorgeplaas word, verskyn daar ‘n kennisgewing op my foon. En elke keer as dit gebeur, ervaar ek hierdie borrelende uitbarsting van vreugde in my hart. Dis hoe dit voel, wanneer jy uit liefde ‘n geskenk gee.

As ons sê dat ons God liefhet, sal ons nie dieselfde emosie ervaar wanneer ons ‘n bydra gee nie? Ons lees in:

2 Korintiërs 9:6,7 Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.

Daar moet mos vreugde wees wanneer ons bydra tot God se werk; hetsy dit van ons hulpbronne; van ons tyd of van ons Godgegewe gawes en vermoëns is? Wanneer dit ‘n hartsbesluit is; ‘n doelbewuste keuse is om te gee uit die vreugde van ons verlossing; uit die vreugde daarvan om daagliks saam met Jesus te wandel, dan is dit absolute vreugde.

Jy mag dalk dink, ek het nie veel om te gee nie. Maar weet jy – as jy ‘n klein akkertjie plant, gaan dit eendag ‘n magtige eikeboom word. Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.