... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ontstellende Genade

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 2:7 Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.

Listen to the radio broadcast of

Ontstellende Genade


Download audio file

Kan jy glo, dis net ‘n week voor Kersfees! Vir party van ons is dit ‘n baie besige tyd. Vir ander mense is dit ‘n eensame tyd. Ek wonder wat in jou gedagtes aangaan, wanneer jy aan Kersfees dink.

Terwyl ek nou die oggend gebid het, het ek God gedank dat Hy my al voor die skepping van die wêreld, uitgekies het om ‘n erfgenaam van sy genade te wees. Toe ek terugkyk op my lewe, het ek weer besef dat ek dit beslis nie waardig is nie. Maar dit is die kern van die saak. God se genade is gratis en onverdiend, omdat Hy Jesus vir sondige mense na hierdie wêreld toe gestuur het.

Ek het teen God in opstand gekom. Ek het al die reëls oortree. Maar soos iemand eenkeer gesê het, genade kleur buite die lyne van godsdiens in. Dankie Here, daarvoor! God se genade reik uit tot in ons verfoeilike wêreld; ons morsige, onrein lewens sonder inagneming van “die reëls”. En dit … dit is waar dit alles begin het, hierdie storie van ontstellende genade:

Lukas 2:7: Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in ‘n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.

Nie ‘n paleis nie, maar ‘n stal. Nie ‘n bababedjie nie, maar in ‘n krip, ‘n trog waar beeste gevoer is. Was jy al ooit in ‘n stal? Dit ruik baie onaangenaam. Vee maak ‘n gemors. Selfs hulle speeksel vloei oor die trog en die hooi waar hulle eet.

Die geboorte van ons Jesus, ons Verlosser, was nie ‘n skoon, kliniese affêre nie. Dit was nie netjies en georganiseerd nie. Dit was nie vir die Koning van die konings, en die Here van die here, die Skepper van hemel en aarde ‘n gepaste aankoms in hierdie wêreld nie. Nee, dit was afstootlik. Maar weet jy, genade is maar altyd so. . . . Jesus.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.