... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Oorwin Trots

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 18:3,4 en (Jesus het) gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel.

Trots is nie net ‘n lelike eienskap wat ons in hoogmoedige mense sien nie. Nee my vriend, trots is iets baie erger; dis gevaarlik, want dit skei ons van God.

Ek weet dit is ‘n radikale stelling om te maak – dat trots ons van God skei. Een van my gunsteling onderwysers, John Piper, stel dit so:

Hoogmoed is die afhanklikheid van jou eie ‘goddelike’-self, in plaas van ‘n kinderlike afhanklikheid van God.

Trots beteken dat alles om my draai; wat ek dink, waartoe ek in staat is, wat ek kan bereik en selfs die lof wat ek kan ontvang. Ja, dit is lelik en ja, trots moet God briesend maak.

In Spreuke 16: 5 staan: Die Here verafsku elke verwaande mens. Maar wees verseker, hulle sal nie ongestraf bly nie. (NLV)

Dis verskriklik, nè? Maar gelukkig het Jesus ons ‘n uitweg gegee:

In Matteus 18: 3,4 (het Hy) gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel.

Toe ek destyds tot bekering gekom het, was my ego die grootte van ‘n klein planeetjie. Ek onthou hoe ek hierdie versies gelees het en gedink het dis ‘n spul onsin! Maar hoe meer ek die Here deur sy Woord leer ken het, hoe meer insig het ek gekry. Ek het geleer wat vryheid, vreugde en ware vrede beteken.

Ek het gesien dat trots soos ‘n tiran jou lewe oorneem en met ‘n ysterhand regeer. My vriend, as jy stoei met jou trots, gaan nederig na God en erken jou trots. A.W. Tozer se bekende stelling lui: die onskuldige openhartigheid van kindwees, is die pad terug na Sy Koninkryk.

Die grootste persoon in God se koninkryk is dié een wat so nederig soos ‘n kind is.

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.