... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Opvattings Bepaal Gedrag

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Timoteus 6:3-5 As iemand 'n ander leer verkondig en nie hou by die gesonde woorde van ons Here Jesus Christus en by die leer van ons godsdiens nie, is hy verwaand en weet hy niks. Hy het 'n sieklike beheptheid met twisvrae en met stryery oor woorde. Daaruit ontstaan afguns, twis, beledigings, gemene verdagmakery, voortdurende rusie van mense wat verstandelik verward en van die waarheid beroof is. Hulle dink dat die godsdiens iets is om geldelike wins mee te maak.

Listen to the radio broadcast of

Opvattings Bepaal Gedrag


Download audio file

Ek weet nie van jou nie, maar ek kan myself baie maklik vet om die oë smeer, oftewel mislei. Soveel kere in my lewe het ek vas geglo in iets, maar my lewe in die teenoorgestelde van daardie oortuiging geleef. Dit het nooit goed uitgewerk nie.

Daar is ‘n fassinerende verhouding tussen wat ons glo en wat ons doen. In die ou Latyn word wat ons glo, doxis genoem en wat ons doen, praxis. Of in Afrikaans – doktrine en praktyk. Doktrine of leerstelling is nou nie een van my gunsteling woorde nie, maar dit is die term wat gebruik word vir dit wat ons glo.

Martyn Lloyd Jones skryf die feit dat Christene van hul geloof afvallig word toe aan die volgende: Sodra jy dwaal in jou doktrine, sal jy baie gou dwaal in jou gedrag; jy kan nie leerstellings van gedrag skei nie.

Ek stem absoluut saam. Wanneer ons onverskillig is oor wat ons glo, gaan ons gedrag in sy peetjie in. Kyk wat sê die apostel Paulus oor daardie einste onderwerp in:

1 Timoteus 6:3-5 As iemand ‘n ander leer verkondig en nie hou by die gesonde woorde van ons Here Jesus Christus en by die leer van ons godsdiens nie, is hy verwaand en weet hy niks. Hy het ‘n sieklike beheptheid met twisvrae en met stryery oor woorde. Daaruit ontstaan afguns, twis, beledigings, gemene verdagmakery, voortdurende rusie van mense wat verstandelik verward en van die waarheid beroof is. Hulle dink dat die godsdiens iets is om geldelike wins mee te maak.

Hy gee ‘n ontstellende lys van slegte gedrag, wat voortspruit uit verkeerde leerstellings; verkeerde geloof. Slaan ag daarop, as jy ‘n Christus-volgeling is. God het baie moeite gedoen om die Bybel deur die eeue te laat skryf en te laat bewaar. Dit is wat ons glo. Hier staan dit, moenie daarvan afdwaal nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.