... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Reëls, Reëls, Reëls

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Titus 3:6,7 God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser. So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag.

Ek weet nie hoe jy daaroor voel nie, maar ek is nie goed daarmee om reëls na te kom nie. Ek is net nie. Daarom was die idee om ‘n Christen te word – om die waarheid te sê – ten minste vir die eerste ses en dertig jaar van my lewe, nie baie aantreklik nie. Die meeste mense, en ek sluit myself daarby in, het gedink aan die Christelike godsdiens as ‘n reëlgebaseerde, onderdrukkende godsdiens. Dit is maar die idees waarmee ek grootgeword het. Dit klink nes die brief wat ‘n man uit Rwanda vir my geskryf het: Dit het vir my gelyk of die Christelike lesse wat ek sedert ek vyf jaar oud was, geleer het, ek is nou 62, heeltemal anders is, as dié wat jy vir ons leer. Ek kan jou dae lank besig hou met stories oor die godsdienstige leringe wat vir ons gepreek is, maar weet jy, dit wat jy vir ons leer, is waarna ek gesoek het. Om te weet dat ons almal: swart, wit, Hutu’s, Tutsi’s, ons almal, sondaars is en dat Christus vir ons almal gesterf het om met sy Vader versoen te word, gee my nuwe lewe en hoop. Die versie wat die ommekeer in hierdie man se lewe gebring het, was toe ek die dag Titus 3:6,7 behandel het. Dit lees: God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser. So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag. Ek het agtergekom dat dit, wat ek as kind geleer het, verkeerd was. Dit was dieselfde met hierdie Rwandese man. Dit gaan nie daaroor om ‘n klomp reëls na te kom nie, dit gaan oor ‘n ervaring van God se genade. En as ons die genade van God in Jesus Christus ontdek, gee dit ons ‘n nuwe lewe en nuwe hoop. Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge