... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘Self-Verbeterings-Woensdag’

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 6:3,4 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so 'n nuwe lewe kan lei.

Die idee, dat ek en jy ons eie lewens kan omkeer en onsself kan regruk en ‘n beter mens word, is ‘n oulike een. Die probleem is dat dit eenvoudig nie waar is nie.

Elke Woensdagmiddag het die omroeper van die huis-toe-ry- program op een van my plaaslike radiostasies ‘n gleuf genaamd “Selfverbeterings-Woensdag”. Nou-ja, sy program bevat werklik fassinerende inligting. Maar die idee van selfverbetering . . . dit is baie soos ‘n lugspieëling in die woestyn. Net wanneer jy dink jy het by ‘n ‘Beter-weergawe-van jouself” uitgekom – poef –dan verdwyn dit soos ‘n rookwolk.

Dink mooi. As ek en jy harder kon werk om die perfekte weergawe van onsself te word, dan sou ons Jesus nie nodig gehad het nie. Die werk van Christus aan die Kruis sou tevergeefs gewees het.

John Owen, in sy 17de eeuse klassieke boek “Of the Mortification of Sin” stel dit so: Daar is geen dood van sonde, sonder die dood van Christus nie. En dit blyk dat hy heeltemal reg is: 

In Romeine 6:3,4 staan: Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so ‘n nuwe lewe kan lei.

Om gedoop te word, beteken om deurdrenk en getransformeer te word. Wanneer jy in Jesus gedoop is, met ander woorde deurdrenk is deur die kragtige werklikheid van Christus se dood, dan kan jy nie anders as om getransformeer te wees nie, want Hy maak jou deur sy krag vry van jou sonde.

Dit gaan nie oor selfverbetering nie. Dit was nog nooit haalbaar nie. Dit gaan alles oor verlossing in Christus.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.