... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Sien Dinge Soos Dit Is

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Kronieke 29:11,12 Aan U, Here, behoort die grootheid en heerlikheid, mag, roem en majesteit. Alles in die hemel en op die aarde behoort aan U, Here. Aan U behoort die koninkryk. U is verhewe bo alles. Rykdom en eer kom van U alleen, want U heers oor alles. Krag en mag is in u hand, om te verhoog en te versterk. (NLV)

Ons voel dikwels asof ons niks meer geloof oor het nie. Daar is soveel dinge wat ons geloof in Jesus kan en sal ondergrawe.

Die wêreld vertel ons dat ons die verouderde sedes moet laat vaar; die ou Bybel fabel moet vergeet en die moderne lewe hier in die 21ste eeu moet omhels. En dit word so verleidelik aangebied dat dit ‘n uitdaging is om dit te weerstaan.

Wat doen ons? Ons neem ‘n bietjie van ‘n kortpad hier, maak ‘n klein kompromie daar, en binnekort kan ons Christene nie meer van die res van die mense onderskei word nie. God? Is Hy werklik nog so relevant, so kragtig, so vol roem en majesteit soos wat daar in die Bybel staan? Sien jy hoe maklik dit is vir sout om laf te word?

1 Kronieke 29: 11,12 Aan U, Here, behoort die grootheid en heerlikheid, mag, roem en majesteit. Alles in die hemel en op die aarde behoort aan U, Here. Aan U behoort die koninkryk. U is verhewe bo alles. Rykdom en eer kom van U alleen, want U heers oor alles. Krag en mag is in u hand, om te verhoog en te versterk.

Dit plaas dinge in perspektief, nie waar nie? Dit is wie God is – Hy is die God van krag en heerlikheid en oorwinning en majesteit. Die God wat alles besit en wat vir ons voorsien. Die God wat ons krag gee. Die God wat ons lof verdien.

Ja, dis snaaks dat wanneer ons oë oopgaan sien ons dinge soos dit werklik is. Ons sien God soos Hy werklik is, en dan verloor die leuens van hierdie wêreld hulle krag oor ons.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.