... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Sien Uit na ‘Daardie Dag’

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Petrus 3:12,13 Sien uit na die Dag van God en maak dat dit nog gouer kom, die dag waarop die Here die hemele aan die brand sal steek en die hemelliggame in vlamme sal wegsmelt. Maar ons sien uit na die nuwe hemele en ’n nuwe aarde, soos God belowe het. Dáár sal almal voor God reg lewe.

Listen to the radio broadcast of

Sien Uit na ‘Daardie Dag’


Download audio file

Sien jy uit na die einde van jou tyd op hierdie aarde? Die meeste van ons voel nie so nie, en dit is ook goed om uit te sien na die toekoms hier op aard. Maar my maat, as jy werklik in Jesus glo, is dit regtig iets om na uit te sien.

Dit klink ‘n bietjie morbied, nie waar nie? Ek wil julle vertel hoe ek baie naby daaraan gekom het om my eie lewe te neem. . . Destyds het ek geen hoop gehad nie. Ek kon my nie voorstel om nog ‘n dag te leef nie, wat nog te sê, nog ‘n volle sewe-en-twintig jaar. Maar God was daar, en Hy het vir my ‘n toekoms gegee wat ek nooit in my wildste drome self kon bedink nie.

Hy het ook vir jou ‘n wonderlike lewe beplan. In Christus is daar altyd hoop. Maar dit is ‘n hoop wat baie beter is as daardie tyd wanneer Hy, in Sy wysheid en deur Sy wil alleen, ons huis toe roep. As jy dus moedeloos voel en jou eie lewe wil beëindig, moet dit nie doen nie! Kyk wat staan in:

2 Petrus 3:12,13 Sien uit na die Dag van God en maak dat dit nog gouer kom, die dag waarop die Here die hemele aan die brand sal steek en die hemelliggame in vlamme sal wegsmelt. Maar ons sien uit na die nuwe hemele en ’n nuwe aarde, soos God belowe het. Dáár sal almal voor God reg lewe

Die ewigheid plaas dit alles in perspektief. Ons tyd hier op aarde is minder as ‘n druppel in die oseaan in vergelyking met die ewigheid in God se Teenwoordigheid vir diegene wat op Jesus vertrou.

Ja, my vriend, ons moet die oorvloedige lewe leef wat Jesus vir ons kom gee het. Maar ons sien uit na die nuwe hemele en ’n nuwe aarde, soos God belowe het. Ja, ons wil hê dat dit binnekort moet kom, nè?

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag