... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Skinderstories Steek Vure Aan

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 16:28 Iemand wat leuens verkoop, sit rusie aan die gang. Iemand wat skinder, bring verwydering tussen vriende.(NLV)

Ek dink een van die grootste vraagstukke waarmee enige Christen worstel, is: Hoe kon ek sulke verkeerde dinge gedoen het, nadat Jesus soveel vir my gedoen het? Dit is ‘n baie werklike stryd en dit is een wat in soveel verskillende areas van ons lewens kan voorkom.

Ek weet nie van jou nie, maar ek het ‘n passie om Jesus met elke asemteug te dien; om Hom te eer en te verheerlik met elke gedagte, woord en daad. Maar, ten spyte van my goeie bedoelings, maak ek foute. Ons doen dit almal.

En weet jy, een van die situasies waarin jy hierdie fout dikwels sien gebeur, is wanneer mense skinder. Ja, daardie selfde mense wat nog verlede Sondag hul harte en hande in aanbidding opgehef het. Hoe kan ons dit ooit doen na wat Christus vir ons gedoen het? Dis ‘n baie goeie vraag.

Skinder is die handeling om iets van iemand oor te vertel wat dalk waar is, of dalk nie waar is nie. Dit kan dalk gedeeltelik waar wees, en op een of ander manier verdraai word –  miskien deur ‘n gebrek aan konteks, of bloot die manier waarop dit oorvertel word. Per slot van rekening is dit die feit dat jy vir iemand anders iets vertel, wat jy nie moes vertel het nie.

Spreuke 16:28 sê: Iemand wat leuens verkoop, sit rusie aan die gang. Iemand wat skinder, bring verwydering tussen vriende.

As jy daaroor nadink, besef jy dat skinder die werklike moontlikheid het – nee, waarskynlikheid het – om verhoudings te verbreek. Daarom is skinderpraatjies volgens God moeilikheidmakers.

Is dit regtig die moeite werd om iemand se reputasie te beskadig en verhoudings uitmekaar te skeur, net sodat jy daardie sappige skinderstorietjie met iemand anders kan deel? Net sodat jy die “Ek weet iets wat jy nie weet nie”-speletjie kan speel?

Skinder is nie skadeloos nie; dit vernietig reputasies en verhoudings. Kan jy jouself voorstel hoe God agter jou rug kan skinder en vir die wêreld al die dinge vertel wat Hy van jou weet? Moenie skinder nie, sodat Hy jou nie as ‘n moeilikheidmaker bestempel nie.