... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

So baie Vullis

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jeremia 17:9 Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan?

Listen to the radio broadcast of

So baie Vullis


Download audio file

Die probleem met siekte is dat ons soms sleg voel. Dit bekruip ons baie stadig, totdat ons eendag weet daar’s iets verkeerd, maar ons kan net nie ons vinger daarop lê nie.

Ek het onlangs gekyk hoe bouers ‘n kleinerige sloot grawe. Dit was net ‘n 46 cm diep, 2 en ‘n half meter lank en omtrent ‘n meter breed … glad nie baie groot nie. Maar elkeen wat al ooit ‘n sloot gegrawe het, sal weet dat die mates jou maklik kan mislei.

En weet jy, die hoop grond en vuilgoed wat uit hierdie ‘klein’ slootjie gekom het, was groot. Dit het gelyk asof die hoop genoeg was vir drie slote.

Dit lyk aanvanklik na min om uit te grawe, omdat dit so styf gekompakteer is. Eers wanneer jy dit uitgrawe, besef jy hoeveel daar regtig is. Ek dink dit is soos die gemors wat ons in ons harte wegsteek; die slegte gesindhede, die selfsug, die trots. Ons bluf onsself, “Ag nee wat. Dit is nie ‘n groot probleem nie. Regtig nie.”

En wanneer ons Jesus binnelaat om dit uit te grawe, besef ons hoeveel dit ons van ware lewe beroof het.

Jeremia 17:9 lees: Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan?

Dit is snaaks hoeveel boosheid binne-in ons weggesteek kan wees, sonder dat ons dit ooit besef. Terwyl ek en jy dikwels blind is vir ons eie sonde, moet ons sukkel met hierdie siekte van die hart, waarvan God hier deur die profeet Jeremia praat. Maar weet jy dat God die Meester uitgrawer is! Wees net gereed wanneer jy Hom toelaat! Hy sal genesing vir jou siel bring.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge